Mans gearresteer vir TikTok-video van keisersnit op hond

FLORIDA. – Twee mans van hier is gearresteer nadat ’n video op Tik tok wys hoe een van hulle ’n ongelisensieerde keiser op ’n Franse bulhond doen.

Keiser

Foto: Orlando Sentinal

FLORIDA. –  Twee mans van hier is gearresteer nadat ’n video op TikTok wys hoe ‘n keisersnit deur ‘n persoon, wat nie ‘n gelisensieerde veearts is nie, op ’n Franse bulhond gedoen word.

Volgens NBC News het Larry Colon ’n ongelisensieerde man betaal om die keiser op sy hond te doen. Sy tienerdogter het die operasie afgeneem. Die man wat die keiser uitgevoer het, is geïdentifiseer as Frankie Huertas Rivera en hy is nie ’n gelisensieerde veearts nie.

’n Ondersoekbeampte vir dieremishandeling het Colon se huis besoek nadat sy dogter die video op TikTok geplaas het. Op die video kan gesien word hoe ’n wit hond op ’n tafel geplaas word en haar kleintjies een vir een uitgehaal word. Die hond tjank van die pyn.

Sy was by aankoms oorlede

Colon het in ’n beëdigde verklaring gesê die man het vir hom gesê hy is ’n veearts. Volgens Colon het hy die man $650 vir die operasie betaal. Colon het toe later die hond na ’n dierehospitaal geneem, maar die veearts sê sy was dood toe sy daar aankom.

Die dokter sê sy vermoed Lyla, die Engelse bulhond, is dood aan septiese skok weens besmetting tydens die ongelisensieerde operasie.  Daar was steeds twee klein hondjies binne-in die hond, maar albei is oorlede.

Colon wou glo geld spaar op operasie

Volgens die dierehospitaal se personeel het Colon aan hulle gesê die keisersnit is deur ’n ongelisensieerde vriend gedoen en hy weet dat hy dit nie moes doen nie, maar hy wou geld spaar.

Lyla se oorlewende kleintjies is, teen die tyd wat die beampte Colon se huis besoek het, steeds nie deur ’n veearts ondersoek nie.

Colon staan ​​tereg op aanklag van dieremishandeling en is Vrydag op borgtog vrygelaat.

Rivera staan ​​ook tereg op ‘n klag van dieremishandeling met ‘n ekstra klag van die ongelisensieerde uitvoering van veeartseny.

Lees nog artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: