January 17, 2021

Hoekom eet honde ontlasting?

Foto: Pixabay

Koprofagie is wanneer ’n hond ontlasting eet. Of dit sy eie is en of dit ’n ander dier s’n is, dit bly ’n morsige storie. Volgens PetMD is dit soms normaal vir jou hond om ontlasting te eet en ander kere kan dit tekens van iets ernstig wees.

Dit is normaal as jou hond katte se ontlasting eet, omrede dit vir hulle ’n lekker smaak het. Jy moet hulle steeds nie toelaat om dit te eet nie, aangesien dit hulle siek kan maak. 

Honde eet soms hul eie ontlasting asook ander honde s’n. Daar is verskeie redes hiervoor en jy gaan moet uitvind wat die rede daarvoor is sodat jy dit kan stopsit.

  • Die hond soek aandag. Sommige honde skrik as jy hulle skel omrede hul ontlasting eet, ander dink weer jy is opgewonde oor iets en sien dit dan as ’n manier om jou aandag te kry.
  • Die hond is siek. As jou uitgegroeide hond nooit die gewoonte gehad het om ontlasting te eet nie en ewe skielik doen hy, is dit beter om hom na ’n veearts te neem. Dit kan tekens van dermparasiete, voedingstekorte of gastro-intestinale siektes wees.
  • Die hond is angstig. Honde wat angstig is, neig daartoe om te ontlas en dit dan te eet.
  • Die hond is bang vir straf.  As die hond in die huis mors, eet hy dit sodat jy nie die ontlasting moet kry en hom daaroor straf nie.

Wanneer jy agterkom wat die rede is dat jou hond ontlasting eet, kan jy hom leer daarom nie te doen nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *