January 17, 2021

Lenmed en KH swyg oor syfers

KIMBERLEY. – Terwyl die land gebuk gaan onder ’n toename in Covid-19 gevalle, swyg die Lenmed Royal & Heart Centre en die Kimberley-hospitaal (Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal) hier oor of dié hospitale ’n toename die afgelope twee weke in Covid-19 pasiënte ontvang het.

Michelle Naidoo, woordvoerder vir Lenmed in Kimberley, sê die hospitaal beskou dit as konfidensieel.

Verdere navrae oor hoekom Lenmed oor sy syfers swyg, ten spyte van die feit dat dit in openbare belang is, is ook nie beantwoord nie.

“Ek kan nie pasiënt-syfers weergee nie,” het Naidoo gesê.

Mediclinic Gariep, ook in Kimberley, het vandag gesê dié hospitaal het ’n toename van 400% van Covid-19 pasiënte sedert twee weke gelede, opgeneem.

Teen druktyd het nie Lebogang Majaha of Lulu Mxekezo na FiND iT teruggekom oor navrae oor hoeveel gevalle tans in die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal is nie.

Voel jy dit is in openbare belang dat hospitale en gesondheidsorginstansies bekendmaak hoeveel gevalle hulle tans het? Hoe raak dit jou as inwoner?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *