Gebruik wat in jou yskas is: Broccolihoender mac ‘n kaas – resep

Jy kan enige mac ‘n kaas (selfs die wat in ‘n boks kom) ekstra lekker maak met groente en vleis.

Broccoli hoender mac 'n kaas. Foto: Pixabay

Broccoli hoender mac 'n kaas. Foto: Pixabay

Daar is soveel maklike en vinnige maaltye wat jy kan maak met bestanddele wat al lank in die spens is.

Vandag kyk ons na ‘n resep vir broccolihoender mac ‘n kaas.

Sien ‘n verdere lys resepte hier.

Broccolihoender mac ‘n kaas

Jy kan enige mac ‘n kaas (selfs dié wat in ‘n boks kom) ekstra lekker maak deur groente en vleis by te voeg.

Bestanddele

450 g droë pasta, verkieslik macaroni

1 kop broccoli, in blommetjies gebreek

2 eetlepels botter of olyfolie

3 knoffelhuisies, fyngekap

3 eetlepels meel

1 koppie groente- of hoenderaftreksel

1 koppie warm melk

2 ½ koppies gerasperde cheddarkaas

½ koppie gerasperde parmesaankaas

½ teelepel sout, of meer na smaak

¼ teelepel fyngemaalde swartpeper, of meer na smaak

2 gaar hoenderborsies

½ koppie gerasperde cheddarkaas en ½ koppie broodkrummels (opsionele bolaag)

Metode

Verhit die oond tot 180°C.

Kook pasta al dente in ‘n groot kastrol vol soutwater. Voeg die broccoli-blommetjies by ongeveer twee tot drie minute voordat die pasta al dente is, en laat dit vir die res van die kooktyd saam met die pasta kook. Dreineer en hou eenkant.

Terwyl die pastawater verhit, smelt botter in ‘n pan oor medium-hoë hitte.

Voeg knoffel by en braai vir een minuut of tot dit geurig is, roer af en toe.

Roer die meel by tot gemeng en braai vir nog een minuut en roer af en toe.

Klits groente- of hoenderaftreksel stadig by, en klits dan die melk in totdat dit gemeng is.

Kook vir een tot twee minute, of totdat die mengsel begin prut. Haal dit van die hitte af en roer die cheddarkaas, parmesaankaas, en sout en peper by. Verwyder van die hitte.

Sodra die pasta en broccoli gaar is, gooi die kaassous bo-oor die pasta, voeg die hoender by en meng dit tot alles eweredig deurgemeng is.

In hierdie stadium kan jy die gereg bedien soos dit is, of jy kan die gereg in ‘n gesmeerde oondbak skep en ekstra cheddarkaas en broodkrummels daaroor strooi.

Bak dan vir 15 tot 20 minute, of totdat die bokant effens goudbruin word. Haal dit uit die oond en bedien dadelik.

*Om die hoenderborsies te braai, verhit een eetlepel olyfolie in ‘n groot pan. Besprinkel albei kante van die hoender met sout en peper.

Plaas dit in die pan en braai vir drie tot vier minute per kant, of totdat die hoender gaar is en nie meer pienk binne is nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: