February 28, 2021

Moenie aan daai puisie druk nie!

Puisies verskyn so ewe skielik en pla jou so erg dat jy nie die temptasie kan weerstaan om hom net uit te druk nie.

Puisie

Foto: Benzac

Niemand verwelkom ’n puisie nie en almal droom daarvan om ’n gladde, puisievrye vel te hê, maar die werklikheid is dat baie van ons nie so gelukkig is nie. Puisies verskyn ewe skielik en pla jou gewoonlik so erg dat jy nie die versoeking kan weerstaan om aan hom te druk nie.

Very Well Health sê jy moenie puisies druk nie. ’n Puisie kom voor wanneer daar dooie selle, bakteria, en sebum in die porieë teenwoordig is.

Voor jy weer aan ’n puisie druk, dink hier oor na: As jy ’n puisie druk, sal die vuiligheid uitkom, maar wat baie keer gebeur, is die dooie selle, sebum en ander onsuiwerhede word terug in die vel inforseer en kan veroorsaak dat jou follikelwand breek. Die onsuiwerhede sal dan in die onderste gedeelte van jou vel, genaamd die dermis, gaan sit.

Deur ’n puisie te druk, kan jy die ontsteking of inflammasie vererger en die area sal net groter en rooier raak.

Elke keer as jy ’n puisie druk, vergroot jy jou kans om aknee-agtige littekens te kry. Jy beskadig jou vel en dan moet dit weer herstel en tydens daardie herstelproses kan weefsel verlore gaan en jy kry dan lelike merke op jou vel. Donker merke, veroorsaak deur inflammasie, word na-inflammatoriese hiperpigmentasie genoem.

Lees ook: Velsorg mites

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: