Ongeregistreerde medisyne op O.R. Tambo-lughawe gevind

Volgens die polisie is dit nog die grootste hoeveelheid medisyne waarop hulle beslag gelê het.

PRETORIA. – Lede van die Suid-Afrikaanse polisiediens (SAPD) by die O.T. Tambo- internasionale lughawe het op ongeregistreerde medisyne, vermoedelik ivermektien, met ’n markwaarde van R126 miljoen rand beslag gelê.

“Die ongeregistreerde medisyne is hoofsaaklik in tabletvorm gevind. Die ontdekking van die tablette is vroeër vandeesweek deur owerhede gemaak terwyl ’n houer wat vanaf Indië na Suid-Afrika gestuur sou word, deursoek is,” sê kol. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder.

Grootste hoeveelheid ongeregistreerde medisyne nog

Volgens Mathe bet owerhede bevind die maatskappy wat die medisyne in die land ingevoer het, het dit gedoen sonder die nodige skriftelike goedkeuring en magtiging van die Reguleringsowerheid.

Volgens die polisie is dit die grootste hoeveelheid medisyne waarop hulle nog beslag gelê het. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Foto: Verskaf deir SAPS

LEES OOK: Deen hoes op polisiebeamptes, kry tronkstraf

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: