April 23, 2021

Deen hoes op polisiebeamptes, kry tronkstraf

Die man is die Donderdag deur Denemarke se hooggeregshof tot vier maande tronkstraf gevonnis.

DENEMARKE. – ’n Deen het tydens ’n roetinestop deur die verkeersdienste op twee polisiebemaptes gehoes terwyl hy die woord corona geskree het.

Die man is Donderdag deur Denemarke se hooggeregshof tot vier maande tronkstraf gevonnis. SABC-berig die voorval het verlede jaar in Maart tydens die Deense inperking plaasgevind. Die man is dadelik in hegtenis geneem op aanklag van dreigende gedrag, hoewel hy later negatief vir Covid-19 getoets het.

Die Deen is eers in ’n plaaslike hof vrygespreek, maar is later deur die hooggeregshof in Denemarke skuldig bevind.

LEES OOK: Bheki Cele gaan kuier ook by Jacob Zuma se woning

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: