Vrou gee geboorte aan ‘klipbaba’ jare na haar swangerskap
Die anonieme vrou het nie ’n idee gehad wat die oorsaak van haar buikpyn was nie. Sy het vir twee maande met die pyn, koors en hoofpyne gelewe voordat sy na ’n hospitaal gegaan het.

Foto: All4Women
INDIë. – Die anonieme vrou het nie ’n idee gehad wat die oorsaak van haar buikpyn was nie. Sy het vir twee maande met die pyn, koors en hoofpyne gelewe voordat sy na ’n hospitaal gegaan het. Daar het dokters haar vertel van haar “klipbaba”.
Volgens All4Women het haar mediese verslag getoon sy het ’n knop in die onderste gedeelte van haar buik. Dokters het bevestig dit is die versteende oorblyfsels van ’n baba, wat sy vermoedelik 36 jaar gelede verloor het. Die vrou was nie bewus dat sy destyds swanger was nie.
Litopedie (Lithopedion) is ’n seldsame toestand waar ’n fetus in die baarmoeder kalsifiseer en in “klip” verander. Daar is slegs 330 gevalle hiervan bekend.
Litopedie is baie skaars en word meesal in ouer pasiënte gediagnoseer.
Dr. Natalie Burger, endokrinoloog en vrugbaarheidspesialis by Texas Fertility Centre sê “klipbabas” is hoofsaaklik die gevolg is van ektopiese swangerskappe of onsuksesvolle swangerskappe waar die liggaam, vir een of ander rede, nie die fetus uitwerp nie.
Vrouens, wat ’n gebrek aan mediese sorg het en wat nie gereeld mediese ondersoeke kry nie, se waarskynlikheid om “klipbabas” te hê is moontlik, alhoewel gering. “Dit neem jare na ’n miskraam vir ’n fetus om te verkalk en ’n ‘klipbaba’ te word,” aldus dr. Burger.