Sappige en smullekker beesstertresep van Beefmaster

Soos belowe, hier is ‘n sappige beesstertresep.

Steek jou vuur aan en geniet die dag met hierdie slow cooking potjie.

Besoek Beefmaster se fabriekswinkel by 2-6 CARLSTEIN ST, KIMDUSTRIA, KIMBERLEY vir die beste gehalte vleis en die beste pryse.

Plaas jou bestelling deur Beefmaster te skakel hier: 053 441 9152 of Whatsapp hulle by: 071 513 8051

Sappige beesstertresep

Bestanddele:

2 kg beesstert
1 bakkie bees- of groenteaftreksel van Knorr
1l water
500 ml rooiwyn (plus ekstra vir drink)
2 uie rofweg opgekap
3 opgekapte wortels
2 teelepels ingemaakte knoffel of 2 knoffelhuisies gekap
2 blikkies tamatiesmoor of 4 vars tamaties opgesny
250 g kersietamaties
5 – 6 baba-aartappels in die helfte gesny
1 – 2 teelepels gemaalde swartpepper
Kan bietjie ekstra sout na smaak bysit. Wees net versigtig met die ekstra sout. Daar kom alreeds ’n aftreksel in wat baie sout bevat.
2 teelepels vars opgekapte roosmaryn (jy kan droë roosmaryn gebruik, maar vars proe dit baie lekkerder). Indien jy nie van roosmaryn hou nie, kan jy dit vervang met enige vars krui waarvan jy hou.
2 groot eetlepels sampioenpoeier (Indien jy nie kan sampioenpoeier kry nie, kan jy ‘n pakkie sampioensop gebruik)

Hoe om dit te maak:

Berei jou swartpotjie en vuur voor voordat jy die bestanddele bymekaarsit. Jou swartpotjie moet vuurwarm wees voor jy begin.

Braai beesstert in swartpotjie in paar eetlepels olie tot bruin. Gooi nou jou opgekapte uie en swartpeper by en braai tot uie gekaramelliseer het.

Gooi eers die wyn by en bring tot op kookpunt. Los die aftreksel op in kookwater en gooi dit by saam in die pot met al jou speserye, knoffel, 1 blikkie tamatiesmoor, sout en kruie. Bedek en laat prut vir ten minste drie ure terwyl jy die ander wyntjie drink en gesellig verkeer saam met jou familie en vriende. Onthou om jou kole dop te hou!

Na drie ure kan jy toets hoe sag die beesstert is. Laat langer kook indien nodig. Jy kan nou die wortels, aartappels en ander blikkie tamatiesmoor byvoeg. Kook tot wortels en aartappels sag is. Voeg die kersietamaties by in die pot 10 minute voor jy opdien.

Bedien met rys, stampmielies of koeskoes (couscous).

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: