GAUTENG. – ’n Leerder in gr.7 aan Laerskool Pretoria South in Soweto is Woensdag op ’n onverklaarbare wyse by die skool dood.
Die seun het net voor eerste pouse in die klas begin lighoofdig voel en kort daarna ineengestort.
LEES OOK: Aan die vrou wat gedink het sy sou teen nou al getroud gewees het
Sy onderwyser het hom probeer bybring terwyl sy ma gebel is. Paramedici het hulle na die skool gehaas, maar die seun is omstreeks 12:00 dood verklaar.
Die departement van onderwys het ’n onafhanklike ondersoekspan aangestel om die voorval te ondersoek.



