Durban-strande: Twee volwassenes en twee kinders amper die naweek verdrink

“Die vrou is tot op die sand strand gebring waar sy deur nooddienste behandel is.”

DURBAN. – Twee volwassenes, onderskeidelik 24 en 35 jaar oud en twee kinders, van vyf en agt jaar oud, het in drie afsonderlike voorvalle amper die naweek by Durban se strande verdrink.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare911, sê ’n pa (35) en sy seun (5) is deur ’n fratsgolf die see ingetrek. Herbst sê verder die lewensredders, metropolisie en lede van die Nasionale Seereddingsinstituut het reageer toe mense op die strand gesien het hoe die twee mense in die water spartel.

Na ’n hospitaal geneem

Die pa en see is op die toneel behandel en na ’n hospitaal geneem.

Foto: Netcare911

In die tweede voorval het ’n vrou (24) in die moeilikheid geraak terwyl sy by ’n onbeskermde strand geswem het.

“’n Lid van die publiek het die vrou gewaar wat gesukkel het om kop bo water te hou en het haar dadelik te hulp gesnel. Die vrou is tot op die sandstrand gebring waar sy deur nooddienste behandel is.”

Foto: Netcare911

Durban se strande

Die twee bogenoemde voorvalle het by die Umdloti-strand, noord van Durban, gebeur terwyl die derde voorval by Westbrook-strand, noord van Durban, gebeur het.

“Inligting dui daarop dat ’n 8-jarige meisie deur ’n groot brander van die rotse geslaan is en in ’n seestroom beland het. Lewensredders bet haar gesien en haar uit die water gehelp,” sê Herbst oor die derde voorval.

Die meisie is deur Netcare911 se paramedici ondersoek en is na ’n hospitaal geneem.

LEES OOK: Voëlklip-ongeluk: Twee bejaardes sterf, twee vuurwapens in wrak gevind

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: