Voëlklip-ongeluk: Twee bejaardes sterf, twee vuurwapens in wrak gevind

Hy sê verder noodpersoneel is steeds op die toneel besig met hierdie operasie.

WES-KAAP.- Twee bejaardes, 75 jaar oud, is dood nadat hulle wit Mazda gisteraand om 18:45 by ‘n krans by Voëlklip afgestort het.

Nooddienste was gisteraand tot laat besig met ’n soek-en-reddingpoging by Voëlklip, Heroldsbaai, naby George.

’n Soek-en-reddingspoging het vanoggend 03:50 gelei tot die ontdekking van twee vroue, 75 jaar oud, se liggame. Hulle het ernstige beserings opgedoen en is op die toneel deur paramedici dood verklaar. Die polisie van George het ’n saak vir verdere ondersoek geopen,” het sers. Christopher Spies aan FiND iT bevestig.

“Verder is twee vuurwapens ook uit die wrak gehaal. Dit sal vir ballistiese toetse gestuur word.”

Spies sê vamoggend is die proses begin om die wrak van die rotse te haal. Hy sê verder noodpersoneel is steeds op die toneel besig met hierdie operasie.

LEES OOK: Voëlklip-ongeluk: Nóg ’n voertuig vanaand af by Voëlklip

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: