WES-KAAP. – Nooddienste is besig met ’n soek-en-reddingpoging by Voëlklip, Heroldsbaai, naby George, nadat ’n wit Mazda na bewering by die krans af is.
Sers. Christopher Spies, polisiewoordvoerder, het aan FiND iT bevestig die voorval het vanaand om 18:45 plaasgevind.
Meer inligting oor die voorval moet nog bekendgemaak word.



