Daniel Carter: ‘Ek tree amptelik uit as professionele rugbyspeler’

“Vir nou is ek hartseer om weg te stap van rugby, maar die tydsberekening is reg.”

NIEU-SEELAND. – Daniel Carter (38), All Blacks-rugbylegende, het Saterdagoggend op sy sosialemediablaaie aangekondig hy gaan nie meer professioneel rugby speel nie.

Carter sê in sy inskrywing hy het 32 jaar van sy lewe rugby gespeel. Van al dié jare was 19 jaar professionele rugby. Carter, wat 112 keer vir Nieu-Seeland uitgedraf het, het sy laaste toets in 2015 gespeel toe hy ook as man van die wedstryd aangewys is.

Hy verlaat sy rugbyloopbaan as die persoon wat die meeste punte in toetsrugby aangeteken het – 1 598.

Daniel Carter kondig aan hy tree uit

“Ek kan nie almal genoeg bedank wat ’n rol in my reis gespeel het nie – van my spanmaats, teenstanders, afrigters en bestuurspanne, borge en veral die ondersteuners. ’n Spesiale dank aan my vriende en familie wat my deur my loopbaan ondersteun en gelei het,” skryf Daniel Carter op sy amptelike Facebook-blad. Verder bedank hy sy ouers en sy vrou.

“Ek is opgewonde oor die volgende hoofstuk in my lewe en hoe dit sal lyk. Vir nou is ek hartseer om weg te stap van rugby, maar die tydsberekening is reg. Rugby sal altyd ’n deel van my lewe wees.”

LEES OOK: Sakeman steeds vermis, motor verlate deur polisie gevind

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: