LIMPOPO. – Die slagoffer (41) en sy meisie was in ’n werkswinkel op die plaas toe hy glo tydens ‘n argument deur die meisie met ‘n skerp voorwerp gesteek is.
Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, sê die voorval het in Haenertsburg, net buite Tzaneen, gebeur. Volgens Ngoepe het die slagoffer na die voorval na buite gestruikel op soek na hulp, waar hy toe dood is.
Die slagoffer se meisie
Ngoepe sê van die gemeenskapslede wat naby woon, het die slagoffer hoor skree en hom in ’n plas bloed gekry.
Die polisie is ontbied en die vrou is dadelik deur die polisie in gehegtenis geneem. Die polisie sê die motief vir die moord kan moontlik huishoudelike geweld wees.
LEES OOK: Voëlklip-ongeluk: Nóg ’n voertuig vanaand af by Voëlklip
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



