Ongeluk op N1-hoofweg, 10 voertuie betrokke

Die beseerdes is daarna deur verskillende ambulansdienste na plaaslike hospitale vervoer.

GAUTENG. – Verskeie motors en ’n vragmotor was gisteraand om 20:43 in ’n groot ongeluk op die N1-hoofweg net voor die Lynnwood-afdraai betrokke.

Daar word beweer ’n gedeelte van die N1-hoofweg was reeds weens ’n vroeëre misdaadtoneel afgesper voordat die botsing plaasgevind het

Motors bots teen vragmotor in ongeluk op N1-hoofweg

ArriveAlive berig getuies sê ’n swaar motorvoertuig het op die pad geknipmes toe hy moontlik uitgeswaai het om te verhoed dat hy in die afgesperde gedeelte van die pad inry. Verskeie ander voertuie het toe teen die vragmotor gebots.

Verskeie mense het beserings, wat wissel van gering tot ernstig, opgedoen en is op die toneel behandel. Die beseerdes is daarna deur verskillende ambulansdienste na plaaslike hospitale vervoer.

Foto: ArriveAlive, Facebook
Foto: ArriveAlive, Facebook
Foto: ArriveAlive, Facebook

LEES OOK: Ongebore baba het hom geld aangebied om haar dood te maak, sê pa

Volg FiND iat hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: