February 28, 2021

Man in plas bloed gevind, polisie ondersoek moordsaak

“Hy het ’n meswond aan sy bolyf gehad.“

KIMBERLEY.- Die liggaam van ’n 55-jarige man is vanoggend omstreeks 05:00 in ’n straat in Promise Land in ’n plas bloed deur ’n verbyganger gevind.

Kapt. Bashoabile Kale, polisiewoordvoerder, sê die oorledene is deur personeel van die nooddienste dood verklaar.

Man met meswond aan bolyf in ’n plas bloed

“Hy het ’n meswond aan sy bolyf gehad. Niemand is nog in hegtenis geneem nie, aangesien die verdagtes nog onbekend is,” sê Kale.

Die polisie vra enigiemand met inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van die verdagte, om die ondersoekbeampte by die Kagisho-polisiekantoor, Lentikile Shuping, by 0824690545 te skakel.

LEES OOK: Meisie in hegtenis na man op plaas sterf

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: