Transnet-werknemers in hegtenis in verband met koperdiefstal ter waarde van R1.9 miljoen

Deel hierdie storie / Share this story

GAUTENG. – Vier verdagtes tussen 32 en 37 jaar oud sal na verwagting op Vrydag 26 Februarie 2021 in die landdroshof in Pretoria verskyn weens diefstal van koper ter waarde van ongeveer R1,9 miljoen.

Die onlangse inhegtenisnemings oor koperdiefstal-aantygings het voortgespruit uit voorvalle wat verlede week in Akasia en Hercules plaasgevind het, waar vyf verdagtes aangekeer is en sedertdien in die hof verskyn het.

Die vier mans is by Transnet Infrastructure Freight Rail Koedoespoort-depot in Pretoria in hegtenis geneem.

LEES OOK: Man dood in botsing op die R59