NASHVILLE. – Lulu (8), ’n skaaphond, het $5 miljoen geërf nadat sy eienaar verlede jaar oorlede is.
Martha Burton (88), wat welbekend aan Lulu is, is tans Lulu se oppasser. Burton het Lulu altyd opgepas wanneer haar eienaar, Bill Dorris (84), weg was as gevolg van sy werk.
Dorris was ’n suksesvolle besigheidsman en het nie ’n vrou gehad nie. Volgens die NewsChannel het Dorris se testament bepaal die geld moet belê word. Dié geld moet gebruik word om vir Lulu en haar benodighede te sorg.



