KLIPRIVIER. – Die bestuurder van ’n bakkie het noodlottige beserings opgedoen tydens ’n botsing tussen ’n vragmotor en ’n bakkie met ’n sleepwa wat op die R59-suid in Kliprivier plaasgevind het.
LEES OOK: Verhouding met ’n enkelouer – hoe om dit te maak werk
’n ER24-paramedikus het kort voor 14:30 op die toneel afgekom. Na verdere ondersoek het hy ’n man aangetref wat ’n paar meter van die bakkie in die pad lê. Die man het geen tekens van lewe getoon nie. Die passasier van die bakkie het geen beserings opgedoen nie en ook nie die twee insittendes van die vragmotor nie.
Die noodlottige beseerde man is op die toneel deur paramedici dood verklaar.
Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.



