Oos-Kaapse meisie skryf matriek klaar vanuit hospitaalbed

Deel hierdie storie / Share this story

Naomi de Booi (18), wat vir die grootste deel van haar lewe in en uit die hospitaal is, is op vier jaar en ses maande met diabetes mellitus tipe een gediagnoseer.

Toe sy in Desember twee van haar matriekvraestelle oorgehad het om te skryf, is sy met diabetiese ketoacidoses, ‘n ernstige diabetiese komplikasie, in die hospitaal opgeneem.

De Booi het egter steeds die vraestelle voltooi.

Lees ook: Vrou skud 100 kg af en “is nog nie klaar nie”

“Dit was beslis nie maklik nie,” vertel sy. “Toe ek jonger was, het ek baie meer siek geraak as nou. As ek moet raai, sou ek sê dit het my voorberei om met alles in die lewe deur te druk. Ek onthou nog hoe ek verantwoordelik was om op te vang met werk wat ek in graad een gemis het en sedertdien is dit maar wat ek doen. Om my situasie te aanvaar, het nog nie tussen my en my drome gekom nie.”

Sy beplan nou om ‘n onderwyskursus aan die Universiteit van Suid-Afrika te voltooi.

Ndumiso de Booi, Naomi se pa, sê hy was vreesbevange toe sy in die hospitaal opgeneem is. “Ek het nooit verwag dat sy in die hospitaal opgeneem sal word nie. Sy het sleg gevoel en sy was dokter toe net om voorskrifmedisyne te kry,” sê hy.

Thumi de Booi, Naomi se ma, het toe die skool gebel en gereël vir iemand om by Naomi in die hospitaal toesig te hou.

“My dogter se karakter en deursettingsvermoë inspireer my!”