Het jy al opgelet dat soveel meer vrouens deesdae hulle liggaamshare laat groei? Wat dink jy hiervan?
Moontlike redes vir vrouens om op te hou skeer:
Vrouens sien dit as ‘n manier waarop hulle hul liggame aanvaar nes dit is.
Vrouens wil ‘n indruk maak.
“Ek het ophou skeer sodat ek meer tyd kan hê vir produktiewe dinge soos my loopbaan. Ek het bereken hoeveel tyd dit my neem om te skeer en dis ‘n totaal van agt ure per maand,” sê @Poopoopeepeeworm / Reddit.
Sommige vrouens sien dit as ‘n gesondheidsfaktor. Baie voel dat om te skeer veel meer skade doen as om hul liggaamshare net te laat groei.
Ander voel weer hulle sien nie kans vir die velirritasie wat saam met skeer gaan nie.
Daar is ook baie vrouens wat geensins omgee om liggaamshare te hê nie.



