SUID-AFRIKA. – Sosialemediagebruikers het die video van ’n klant in ’n supermark wat haar onderklere uittrek, dit oor haar kop trek en as ’n masker gebruik, wyd op sosiale media gedeel.
Die klant is glo deur werknemers en die sekuriteitswag van die supermark aangesê om ’n masker aan te hê, waarop sy haar onderklere uittrek en as ‘n masker gebruik. Dié video volg ’n paar dae na die een waar ’n klant ook weier om ’n masker te dra en gil dat sy haar menseregte ken, terwyl sy na ’n papier wys.
Die onlangse video is al meer as 82 300 keer na gekyk.
LEES OOK: KYK: “Ek ken my menseregte,” gil vrou wat nie masker wil dra nie
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



