MICHIGAN. – Hillarie Galazka (29) is dood na sy tydens ’n motorongeluk haar lyf as skild gebruik het om haar 5-jarige tweeling te beskerm.
“Die tweeling sê hulle het gesien hoe sy haar oë oopmaak, vir hulle kyk en weer haar oë toemaak en toe nooit weer oopmaak nie. Hulle onthou dit,” sê Jodie Kelley, Galazka se ma.
Lees ook: Pa vermoor seuns (3 en 4) en toe homself
Volgens Kelley het die tweeling net ligte beserings opgedoen.
“Ek is net bly die babas het die tragedie oorleef,” sê Jacob Galazka, Galazka se broer. “Almal is lief vir daai kinders. Almal is lief vir Hillarie. Sy is ’n goedhartige, sterk en pragtige vrou. Sy het nie verdien om so te sterf nie.”

Volgens die Michigan State-polisie is die bestuurder van die ander motor ’n 25-jarige man wat twee keer vantevore al met ’n vervalde lisensie bestuur het.
Hy is in ’n plaaslike hospitaal opgespoor na hy te voet van die ongelukstoneel gevlug het.
Daar is intussen ’n fondsinsameling begin vir Galazka se begrafnis en ook vir ‘n fonds om haar kinders te ondersteun.
Bron: People.com
Lees ook: Ouerpaar hoor hul het terminale kanker en moet kinders agterlaat



