Ouerpaar hoor hul het terminale kanker en moet kinders agterlaat

Deel hierdie storie / Share this story

PERTH. – ‘n Paartjie in hulle dertigs se wêreld is geruk na hulle moes hoor dat hulle altwee, binne ‘n tydperk van drie maande, met terminale kanker gediagnoseer is en moontlik hulle kinders gaan moet agterlaat.

Adam Graveley (38) en sy vrou Caitlin (39) woon in Perth. Volgens Daily Mail is hulle met fase vier kanker gediagnoseer.

Dié twee staar nou die moontlikheid in die gesig om hulle kinders, Thea (2) en Fearn (4 maande) sonder ouers agter te laat.

Lees ook: Peuter in ma se arms op pad na hospitaal dood

“Hy het ’n bietjie siek voorgekom en het heeltyd gehuil,” sê sy. “Sy ouers was in hierdie stadium reeds twee dae lank oor sy gesondheid bekommerd, maar dit was op daardie dag erger.”

Caitlin het gedurende haar swangerskap pyn ervaar en is in November met maagkanker gediagnoseer. Adam is toe in Februarie met pankreaskanker gediagnoseer.

Die familie doen ‘n beroep op mense om gereeld vir toetse te gaan en wil hulle storie as bewusmaking gebruik.

‘n Fondsinsameling is intussen vir die gesin begin om hulle te ondersteun terwyl die ouerpaar behandeling ontvang.

“Ons hoop en bid elke dag dat die behandeling wat hulle ontvang, werk en dat hulle jare eerder as maande oor het,” sê Emma Reynolds, Adam se suster.