SOWETO. – ’n Swanger vrou (31) van hier het na bewering haar kêrel doodgesteek nadat daar ’n bakleiery uitgebreek het en hy haar glo talle kere in die maag geskop het.
Volgens Soweto Live het daar ’n bakleiery uitgebreek waartydens daar toe glo ’n stryery oor ‘n mes plaasgevind het.
Vrou is agt maande swanger
Phindi Mjonondwane, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, sê Khumalo se saak is nie op die hofrol geplaas nie, aangesien dit verder ondersoek moet word. Sy is dus met ’n waarskuwing vrygaat.
Mjonondwane sê verder Khumalo het ten minste drie sake van aanranding met die doel om ernstig te beseer tussen 2018 en 2019 teen haar gehad.
LEES OOK: 3 000 vals Covid-19-entstowwe gevind, dis glo net die begin
LEES OOK: Ma wat glo oor kind ry, hom as vermis aangee, in hegtenis
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



