Man verkrag glo al jare lank sy eie ma (60)

Deel hierdie storie / Share this story

GAUTENG. – ’n Bejaarde beweer haar seun (37) verkrag haar al vir jare in hulle huis in ’n nedersetting in Senokeng.

SABC-nuus berig haar seun, wat in die kamer slaap, het menigmale in die middel van die nag na haar, wat in die kombuis slaap, gegaan en haar vekrag. Die gemeenskapslede beweer pogings om amptenare betrokke te kry was tevergeefs, maar maatskaplike werkers het haar gehelp om ’n saak te open.

Seun verkrag ma glo al vir 10 jaar

“Hy het dwelms gebruik. Hy het ook hallusineer. Hy het ook een keer die huis afgebrand. Ek was nie tuis nie. Ek het alles verloor,” sê die ma aan SABC-nuus.

Sy word nou na ’n ouetehuis geneem waar sy berading sal ontvang. Die seun is intussen in hegtenis geneem en sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

LEES OOK: Swanger vrou steek glo kêrel dood na beweerde aanranding

LEES OOK: Ma wat glo oor kind ry, hom as vermis aangee, in hegtenis

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.