14-jarige Naledi op soek na ‘n stamselskenker

Deel hierdie storie / Share this story

Die 14-jarige Naledi droom daarvan om eendag ’n dokter te word. Sedert sy egter in Mei 2020 met leukemie gediagnoseer is, sê sy sy ‘kan nie meer in sport presteer nie en selfs nie haar skoolloopbaan voltooi nie’.

Naledi is gediagnoseer na sy aan erge pyn en moegheid gely het. Haar familie en vriende was platgeslaan deur die nuus.

Lees ook: My stryd teen kanker – ‘n tweede keer

Naledi het nou ‘n stamseloorplanting nodig en nie een van haar sussies kan ‘n skenker wees nie.

The Sunflower Fund, ‘n skenkerwerwingsentrum en stamselregister, skep bewustheid oor bloedkanker en die belangrikheid van donasies vir stamselle en het besluit om Naledi se storie aan die publiek bekend te maak.

As jy tussen die ouderdom van 18 en 55 jaar en oor die algemeen gesond is, is jy moontlik die perfekte skenker. Vir meer inligting of om te registreer, klik hier.

Lees ook: Pa vermoor seuns (3 en 4) en toe homself