August 4, 2021

Elon Musk wil ’n nuwe dierevriendelike stad bou

“Die skep van die stad Starbase, Texas,” het Musk die week getwiet.

TEXAS. – Elon Musk, uitvoerende hoof van SpaceX, wil ’n dierevriendelike stad in Texas bou. “Die skep van die stad Starbase, Texas,” het Musk die week getwiet.

Elon Musk se twiet

Volgens verskeie berigte lyk dit of Musk ernstig is om dié nuwe stad te skep. SpaceX se bekendstellings- en ontwikkelingswerf vir Starship is geleë in die nie-geïnkorporeerde gemeenskap in Cameron County, Texas. Twiets wat later gemaak is, beweer hy wil die dorpe rondom Cameron County ook gebruik en dit in ’n baie groter stad genaamd Starbase omskep.

Cameron Country is die laaste tyd deur SpaceX genader om hulle toekomstige planne met die gemeenskap te deel. Dit mag nog ’n geruime tyd wees voor dit ’n werklikheid word, aangesien die papierwerk en regte stappe gevolg moet word.

LEES OOK: Man verkrag glo al jare lank sy eie ma (60)

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *