Pa vermoor seuns (3 en 4) en toe homself

Deel hierdie storie / Share this story

MISSOURI. – Familielede sê die 40-jarige Darrell Peak het met depressie gesukkel in die tyd voor hy sy kinders en toe homself doodgemaak het.

Maandag, drie dae na hulle as vermis aangemeld is, het die polisie die liggame van Peak en sy twee seuntjies, Mayson (3) en Kaiden (4) gevind.

Volgens die polisie is hulle liggame nie ver gevind van waar hulle laas gesien is nie.

Lees ook: Hondjie deur kinders gemartel, soos vullis weggegooi

Volgens KTTS-TV is Peak Donderdagmiddag om 16:00 laas gesien toe hy saam met sy kinders van hulle huis in Missouri weggery het.

Die Greene County-polisie sê hy het in hierdie stadium reeds die wapen wat hy altyd saamgedra het, by hom gehad.

Peak is omstreeks 19:00 gewaar toe hy met twee kinders op ‘n snelweg in die Warsaw-area geloop het.

Die familie het hulle die volgende dag as vermis aangemeld. Die polisie sê ook Peak het ‘n geskiedenis met depressie. Sy familie het egter aangedring dat hy “nooit sy kinders sou skade aandoen nie.”

Nou blyk dit egter asof Peak sy kinders doodgemaak het voor hy homself doodgemaak het.

Dit is nog nie bekend hoe hulle vermoor is nie.

Bron: People.com