Dolly Parton: ‘Ek’s oud genoeg en slim genoeg om dit te neem’

Deel hierdie storie / Share this story

‘Ek is oud genoeg en slim genoeg om die Covid-19-entstof te neem,” sê Dolly Parton in ’n video waarin sy ingeënt word, op haar Facebook-blad .

Dolly Parton verander liedjie

Parton het die entstof op dié video ontvang. Sy begin ook die video deur te sê sy het tot een van haar liedjies se woorde verander. Die bekende liedjie, Jolene, het sy verander om die huidige omstandighede te pas.

“Vaccine, vaccine, vaccine, vaccine, I’m begging of you please don’t hesitate. Vaccine, vaccine, vaccine, vaccine, cause once you’re dead then that’s a bit too late,” sing Parton in die video.

Daarna moedig sy mense aan om ook die entstof te neem omdat almal graag terug na normaal wil keer.

https://www.facebook.com/DollyParton/posts/10158266287239755

LEES OOK: Passasiersvliegtuig maak noodlanding na kat vlieënier aanval

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.