SUID-AFRIKA. – Die Wes-Kaap, wat pas deur die tweede vlaag van Covid-19 is, se gesondheidsowerhede maak reeds gereed vir die derde vlaag.
ENCA-nuus berig die gesondheidsowerhede is bekommerd oor hoe die gemeenskap gaan optree nou dat die maatreëls effens verslap het. Paasnaweek wat om die draai is, is ook ’n bekommernis.
Wes-Kaap maak gereed en leer uit vorige foute
Mense is geneig om oor Paasnaweek byeenkomste te hou en ook saam as groot groepe familielede te kuier en braai.
Die Wes-Kaap het intussen meer inentingsentrums opgerig en gesondheidswerkers word al in die provinsie ingeënt. Alhoewel niemand kan sê presies wanneer die derde vlaag sal gebeur nie, het die Wes-Kaap hierdie tyd gebruik om voorraad bymekaar te maak en ook uit foute van die vorige vlaag te leer, berig ENCA News.
LEES OOK: Dolly Parton: ‘Ek’s oud genoeg en slim genoeg om dit te neem’
LEES OOK: Pa begrawe seun (5) in vlak graf na egskeiding
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



