Doodsfoto’s van jong vrou op noodgroepe gedeel, vir ouers gestuur

Deel hierdie storie / Share this story

BELFAST. – ’n Ma het foto’s waar haar oorlede dogter se liggaam langs die pad by ‘n ongelukstoneel lê, per SMS ontvang. Die foto’s is ook op noodgroepe deur die gemeenskap rondgestuur.

LEES OOK: Krokodille ontsnap by krokodilplaas

Volgens Middelburg Observer, is Krysten Butcher (22) Maandag omstreeks 12:15 op slag in ’n motorfietsongeluk oorlede. Haar vriend, Ollie Coetzer (25), het die ongeluk oorleef, maar het tydens die ongeluk die onderste gedeelte van sy regterbeen verloor en sy heup gebreek. Hy het ook menige ander beserings opgedoen en word in die Witbank-hospitaal se intensiewesorgeenheid behandel.

Die twee was glo op pad Lydenburg toe, toe Coetzer se motorfiets ’n Audi tref.

Lees meer artikels hier.