Krokodille ontsnap by krokodilplaas

Deel hierdie storie / Share this story

WES-KAAP. – ’n Groot aantal krokodille het by ’n krokodilplaas naby Bonnievale in die Boland ontsnap. Natuurbewaring en owerhede is tans besig met ’n krokodiljag in die Breërivier om die gediertes op te spoor.

LEES OOK: Koffie-en-karamelsous-poeding

Die krokodille is almal glo tussen 1,2 en 1,5 meter lank en teen gisteraand is slegs 20 krokodille gevang. Dus is die Breërivier tans ’n gevaarlike plek om te swem en mense word gevra om onmiddellik owerhede te skakel sodra hulle op een van die krokodille afkom.