LIMPOPO. – ’n Pa (36) het sy seun (5) by sy ouma gaan haal terwyl die ma by die werk was en hom in ’n vlak graf begrawe, wat sy dood veroorsaak het.
Pa begrawe seun na egskeiding
Lai Phepheng is ’n paar dae na die voorval deur die gemeenskap gekonfronteer en hy het toe erken hy het sy seun begrawe. Luidens ’n verklaring deur die nasionale vervolgingsgesag was sy rede vir dié daad omdat hy kwaad was na sy vrou van hom geskei het.
Phepheng is toe in hegtenis geneem. Hy is tot 20 jaar vir moord en twee jaar vir regsverydeling gevonnis. Die vonnisse sal gelyktydig uitgedien word.
LEES OOK: Ma wat glo oor kind ry, hom as vermis aangee, in hegtenis
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



