SUID-AFRIKA. – Die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (SASSA) waarsku gebruikers oor die Whatsapp-boodskap wat beweer werklose volwassenes wat geen maatskaplike toelae of werkloosheidsversekering ontvang nie kan ’n toelaag van R3 500 ontvang.
SASSA waarsku Whatsapp-gebruikers
Verder sê die boodskap drie miljoen Suid-Afrikaners sal hierdie toelaag vir ses maande ontvang. Dié boodskap neem jou na ’n ander blad waar jy jou persoonlike inligting moet invul.
Paseka Letsatsi, woordvoerder van SASSA, het Suid-Afrikaners gewaarsku om versigtig te wees dat vals sosialemediaboodskappe met verkeerde bedoelings versprei word.
“Ons kan bevestig dat dit ’n bedrogspul is en dat dit vals is,” bevestig Letsatsi.
LEES OOK: Pa begrawe seun (5) in vlak graf na egskeiding
LEES OOK: Ma wat glo oor kind ry, hom as vermis aangee, in hegtenis
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



