Newton-reservoir in Kby weer afgeskakel

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Die Newton-reservoir in Kimberley is weer afgeskakel weens lae watervlakke.

Marie Beylefeldt, DA-raadslid, het bevestig die reservoir is afgeskakel omdat die watervlakke te laag is. “Die probleem is dat die reservoir vinniger leegtap as wat hy volloop,” sê sy.

Die water sal na verwagting môreoggend om 05:00 aangeskakel word.

Lees ook: Ruan Joubert sterf na jare in semi-koma