INDONESIË. – Foto’s van ‘n 8-jarige seuntjie wat uit die maag van ‘n krokodil gesny word, is op sosiale media gedeel.
Dit volg na die krokodil die seuntjie ingesluk het toe hy in die Indonesiese rivier geswem het.

Lees ook: Vrou vermis na braai saam met nuwe vriende
Die seuntjie se pa het volgens die Daily Mirror agter die dier aangehardloop en dit selfs met sy vuis probeer slaan, maar tevergeefs. Die dier is eers die volgende dag deur inwoners van die gebied gevang en oopgesny. Die seuntjie was toe reeds dood.

Volgens die polisiebeampte het die gesin gereeld die rivier besoek om te bad en water te kry om mee kos te maak toe die krokodil die seuntjie aangeval het.
Indonesiese inwoners het in 2018, gewapen met messe en hamers, altesaam 292 krokodille doodgemaak uit woede ná ‘n krokodil ‘n man se dood veroorsaak het, berig Reuters.
Lees ook: Ma na 18 jaar in tronk dalk vrygespreek



