MAGALIESKRUIN. – June Elizabeth Wittstock (30) word vermis na sy saam met vriende wat sy op Tinder ontmoet het, gaan braai het.
Mike Bolhuis sê volgens sy kliënt was Wittstock onder die invloed van drank. Daar het glo ‘n bakleiery by die braai uitgebreek en Wittstock het alleen die pad gevat. “Die tracker op haar motor wys hoe sy twee keer in Dr. Swanepoelstraat stop. Die laaste plek waar haar motor deur die tracker opgetel is, is reg voor die Brits-tolhek.”
Lees ook: Juné stabiel en uit intensiewesorgeenheid ontslaan
Haar selfoon is by die kuierplek op Magalieskruin opgespoor.
Wittstock het blou oë, blonde hare en het ‘n tatoe van ‘n hartjie aan die binnekant van haar pols en een van ‘n tak op haar voet.
Indien jy enige inligting het oor waar sy is of haar iewers gewaar, skakel vir Callie de Kock by 061 419 4416.
Lees ook: Ruan Joubert sterf na hare in semi-koma



