Juné stabiel en uit intensiewesorgeenheid ontslaan

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Juné van der Merwe (22) wat op 3 Februarie in ‘n gru-botsing op die Kaapstad-pad betrokke was, is nou stabiel en nie meer in die intensiewesorgeenheid nie.

Sy is ernstig in die ongeluk beseer en is in Gariep MediClinic opgeneem waar sy behandeling ontvang.

Lees ook: Ruan Joubert sterf na jare in semi-koma

Haar vriendin Zan-Mari Olivier, wat saam met haar in die motor was, is in die ongeluk oorlede.

Denise Coetzee, woordvoerder vir Gariep MediClinic, het bevestig Van der Merwe is uit die intensiewesorgeenheid en haar toestand is stabiel.

Madelein Rudman, wat in die ander voertuig was, het na die ongeluk ‘n operasie ondergaan en is die daaropvolgende week uit die hospitaal ontslaan.