SEOUL. – Meeste koffiewinkeleienaars weet dat dit meer neem as net goeie koffie om ‘n suksesvolle besigheid te verseker.
Een koffiewinkel wat vir seker aandag trek, is Cafe Yeonnam-dong 239-20 in Seoul, Suid-Korea. Dit lyk kompleet asof jy in ‘n cartoon instap wanneer jy dié winkeltjie betree.
Lees ook: Covid-19: Dokter doen huisbesoek sodat pasiënte tuis kan bly
Klante word deur swart en wit vloere, mure, meubels en selfs bekers en eetgerei wat lyk asof dit geteken is, begroet. Gaan loer gerus na die winkeltjie se Instagram-profiel en word weggevoer deur die cartoon-wêreld.



