WES-KAAP. – Ná ‘n groot aantal krokodille Woensdagoggend van ’n plaas buite Bonnievale ontsnap het, is 27 weer gevang.
Volgens Petro van Rhyn, woordvoerder vir CapeNature, is polisiebote en duikers deur die polisie beskikbaar gestel om na die krokodille te help soek.
Lees ook: OMS-hoofmeisie se boodskap inspireer duisendes
“Die area ongeveer 5 km stroom op in die rigting van Robertson en 5 km stroom af in die rigting van Swellendam is die grootste deel wat nou dopgehou word,” sê Van Rhyn. “Daar word ’n dringende beroep op die publiek gedoen om nie enige van die krokodille te probeer nader nie, maar die Bonnievale-polisiekantoor by 023 616 8060 te skakel.”



