Om jou naels te kou, is ’n slegte gewoonte by baie mense. Die enigste ding waaroor naelkouers hulle dalk bekommer, is hoe dit vir ander mense lyk…
’n TikTok-gebruiker, Lauren Nichols, het niks gedink toe sy die klein groen merkie op een van haar vingers raakgesien het nie. Sy was onder die indruk dis maar net nog ’n seerplekkie. Min het sy geweet dis ’n infeksie wat haar byna haar vingerpunt sou kos.
Lees ook: Ma dood toe sy tweeling (5) met haar lyf in ongeluk beskerm
Die infeksie, paronychia, het vinnig oor die volgende paar dae versprei. Toe Nichols agterkom dat die groen merkie en die rooi kleur daar om ’n infeksie is, het sy antibiotika begin drink. Sy het toe ’n YouTube-video gevolg en self probeer om die infeksie te pop, maar het die situasie net vererger.
Sy het uiteindelik in die hospitaal beland en dokters het haar gewaarsku dat sy maklik haar vinger kon verloor. Sy moes ’n operasie ondergaan.
Nichols waarsku ander naelbyters om versigtig te wees.
Lees ook: Ruan Joubert sterf na jare in semi-koma



