KIMBERLEY. – Ruan Joubert (23), wat in 2017 erg in ’n motorfietsongeluk beseer is en sedertdien verlam en in ’n semi-koma was, is vandag oorlede.
Joubert het op ’n jagplaas buite Boshof met sy motorfiets in ’n kraalmuur vasgery en ‘n ernstige breinbesering opgedoen. Hy was ten tye van die ongeluk ’n eerstejaarstudent aan die Universiteit van Noord-Wes.
Lees ook: Man kap sy dogter se kop af en dra dit polisiekantoor toe
Joubert is tot nou by sy ouerhuis versorg. Hy is onlangs in Gariep Medi-Clinic opgeneem. Liesel Joubert, sy ma, het sy dood bevestig.
Meer inligting oor sy dood is nog nie bekend nie.



