Tienerma (17) en 11 maande baba word vermis

Deel hierdie storie / Share this story

LIMPOPO. – Die tienerma (17)met haar 11 maande oue baba is ’n week gelede laas gesien toe sy haar huis in Tshituni verlaat het om vir haar kêrel te gaan kuier.

Tienerma en baba alweer vermis

Die ma is ’n leerling by Sekondêre Skool Tswime. Sy het skooldrag aangehad – poeierblou hemp, swart romp en ’n blou trui. Dit is onbekend wat die kind aangehad het.

Enigiemand met inligting wat die polisie kan help om die vermiste moeder en haar dogter op te spoor, moet kapt. Dzagana by 0825657729 of 0798914618 kontak. Die Stop Misdaad-nommer kan ook by 0860010111 geskakel word.

LEES OOK: Gaan asteroïde Apophis met ’n 400 m-deursnee die naweek die aarde tref?

LEES OOK: Man verkrag glo al jare lank sy eie ma (60)

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.