Die asteroïde Apophis, wat Dinsdag ontdek is, beweeg deur die ruimte ten opsigte van die planeet Aarde teen ’n spoed van 4.658 km/sek. Die asteroïde is relatief groot in astronomiese terme, met ’n deursnee van 400 m.
Apophis sal Saterdagoggend om 03:15 die naaste aan die aarde wees met ’n afstand van 16 852 369 km van die Aarde. Volgens EarthSky sal Apophis nie die Aarde tref nie, maar die asteroïde sal met teleskope en radar gesien kan word. Apophis sal so ver soos 44 keer die afstand tussen die Aarde en Maan verby die Aarde vlieg.
Apophis sal in 2029 wéér sy verskyning maak en dié keer nog nader aan die Aarde wees. EarthSky stel mense gerus en sê al gaan die asteroïde baie naby verby in 2029 sal hy nie ons planeet in dié eeu tref nie.
LEES OOK: Elon Musk wil ’n nuwe dierevriendelike stad bou
LEES OOK: Man verkrag glo al jare lank sy eie ma (60)
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



