Man kap sy dogter se kop af en dra dit polisiekantoor toe

Deel hierdie storie / Share this story

LUCKNOW. – ’n Man het sy 17-jarige dogter se kop as deel van ’n eremoord afgekap en dit na ’n dorpie in Indië se polisiestasie gedra.

Die man, wat sy dogter in woede oor haar verhouding met ‘n man met ‘n byl aangeval het, is Donderdag in hegtenis geneem.

“Hy het gesê hy het haar in ’n gevaarlike posisie saam met ’n man gesien en haar toe uit woede onthoof,” sê Anurag Vats, polisiewoordvoerder. “Die man het skuld erken.”

Lees ook: Pa vermoor seuns (3 en 4) en toe homself

Duisende vroue en meisies word regoor Suid-Asië en die Midde-Ooste deur familielede doodgemaak na hulle die familie se ‘eer beskadig’ het.

Foto’s van die man wat sy dogter se kop na die polisiekantoor dra, is op sosiale media gedeel, waarna betogings teen eremoorde deur vroueregtekampvegters gehou is.  

’n Vrou is verlede maand lewendig deur haar familie verbrand na dit aan die lig gekom het dat sy met ’n man van ’n ander geloof ’n verhouding gehad het.

Lees ook: Ma dood toe sy tweeling (5) met haar lyf in ongeluk beskerm