Covid-19: Dokter doen huisbesoek sodat pasiënte tuis kan bly

Deel hierdie storie / Share this story

KAAPSTAD. – Dr. Erin Jones, ’n dokter van Kraaifontein, het opgelet dat pasiënte te midde van die Covid-19-pandemie versigtig is om haar by haar praktyk te besoek en het besluit om, soos in die ou dae, weer te begin huisbesoek doen.

Sy noem haar mobiele gesondheidsdienste The Health Hopper.

Lees ook: Tiener verloor amper vinger oor naels kou

“Ek het hierdie besigheid begin toe ek besef dat mense nie in die pandemie weet na wie om te draai wanneer hulle met Covid-19 te doen het nie,” vertel sy. “Die hospitaal was hulle laaste uitweg en ek wou in die gaping staan en medisyne bereikbaar maak vir diegene wat nie hulle huise kan verlaat nie.”

Jones het in 2012 aan die Universiteit van Stellenbosch gegradeer. Sy het haar internskap en Zuma-jaar in KwaZulu-Natal voltooi en toe in die nooddienste-afdeling by CMJ Akademiese Hospitaal in Johannesburg begin werk. “Ek het ’n intense liefde vir die ER, die mense, die sukkel en die spoed waarteen dinge beweeg, ontwikkel en my diploma in primêre nooddienste voltooi.”

Lees ook: Ruan Joubert sterf na jare in semi-koma

Jones is vir die afgelope ses jaar ’n onafhanklike geregistreerde praktisyn. Sy het voor Covid-19 uitgebreek het, die geleentheid gekry om op ’n luukse vakansieboot te gaan werk.

“Toe slaan Covid-19 ons almal vir ’n ses en ek moes terugkeer na Suid-Afrika en dis toe dat The Health Hopper gebore is.”