TEXAS. – “Ek is so lief vir julle. Pas julle ma mooi op. Ek is lief vir julle,” sê Charles Torres in ’n hartverskeurende video aan sy kinders twee weke voor hy aan Covid-19-verwante komplikasies sterf.
Torres (35) groet sy familie finaal in ’n video wat voor sy begrafnis deur sy vrou gedeel is. In die video sukkel Torres om asem te haal terwyl hy vir sy sewe kinders totsiens sê.
Hy is verlede maand op Valentynsdag oorlede, ongeveer ’n maand na hy in die hospitaal opgeneem is.
Sy ouers het glo gesê hy het ’n onderliggende siektetoestand gehad.
Kyk hier na die video.
Lees ook: Ruan Joubert sterf na jare in semi-koma



