BLOEMFONTEIN. – Suid-Afrikaners en selfs mense vanuit die buiteland is diep geraak deur Magé Troskie, hoofmeisie aan die Hoër Meisieskool Oranje (OMS) se inspirerende boodskap aan vanjaar se gr. 8’s.
OMS het ’n video van haar toespraak, wat verlede Vrydag by die skool plaasgevind het, op Facebook gedeel en sedertdien het duisende dit al gekyk en gedeel.
Lees ook: Ruan Joubert sterf na jare in semi-koma
Troskie het aan Maroela Media gesê sy het gedink Facebook is ’n bietjie deurmekaar toe sy sien hoeveel mense dit al gekyk het. “Ek is regtig dankbaar dat dit vir soveel mense so baie kon beteken.”
Sy het glo aanvanklik gesukkel om die regte boodskap te kry. “Ek het later met my hande in my hare gesit en gestres oor wat ek die volgende dag in my boodskap gaan sê,” sê sy aan Maroela Media. “Toe ek opkyk en my ken lig, toe kom die boodskap van ‘Lig jou ken en ken jou lig’ by my op.”
Kyk hier na die boodskap:
Lees ook: Ma dood toe sy tweeling (5) met haar lyf in ongeluk beskerm



